‘n Bloemfonteinse karateka het goud gewen op die Goju Kai Wêreldkampioenskap wat van 4 tot 14 Augustus in Chiba, Japan, aangebied is.
Lian Kritzinger was deel van ‘n groep Bloemonteiners wat goed presteer het in dié kampioenskap waarin 2 500 karatekas van 37 lande oor die wêreld heen deelgeneem het.
Daar was 21 Vrystaters in die Suid-Afrikaanse span wat na Japan gereis het.

Dit was vanjaar die agtste Goju Kai Wêreldkampioenskappe wat aangebied is.
Shihan Louis Kritzinger sê die Vrystaters het puik vertoon en van die deelnemers het met medaljes huis toe gekeer.
- Kritzinger – Jiyu Kumite brons;
- Lian Kritzinger (kadet 14-15 jaar -70kg): Kumite goud, Kata brons, span-Kata silwer, bunkai silwer;
- Leah Nel (10-11 jaar +40kg): Kumite brons;
- SJ Ferreira (kadet +70kg): Kumite brons;
- Dyllan De Witt (11 -40k):g Kumite brons;
- Mariana Smith (o.21 +68kg): Kumite silwer;
- Mohau Setloboko (Junior 16-17 -78kg): Kumite brons;
- SP Foord (junior 16-17 jaar +76kg): Kumite brons;
- Divan Venter (junior 16-17 +76 kg) Kumite silwer.

Onder Kritzinger en Sensei Liam Nel se leiding, het die span se toewyding, harde werk en deursettingsvermoë duidelik na vore gekom.
“Hulle prestasies het nie net die Vrystaat nie, maar ook Suid-Afrika op die internasionale verhoog met trots verteenwoordig,” sê Kritzinger.





You must be logged in to post a comment.