Nathan Herbert, ingesluit in Grey-kollege (sekondêr) se o.15-seunsspan, op die tennisbaan. FOTO’S: Verskaf

Vyf Bloemfonteiners is ingesluit in nasionale tennisspanne nadat hulle in Pretoria meegeding het in die interprovinsiale tennistoernooi wat van Donderdag 8 Januarie tot 10 Januarie gespeel is.

Die spanne is op die laaste aand van die toernooi aangekondig.

Mandie en Lika Claasens van die Hoër Meisieskool Oranje is ingesluit in die o.15-span.

Die tennisspelers van die Hoër Meisieskool Oranje wat aan die interprovinsiale tennistoernooi in Pretoria gaan deelneem het, is van links Lily Schutte, Inge Ferreira, Nestine van Rooyen, Mandie Claassens, Mariaana Spamer en Lika Claassens.

Nathan Herbert van Grey-kollege (sekondêr) is ingesluit in die o.15-seunspan. Matthew Goodchild, ook van Grey, is in die o.19-tennisspan ingesluit.

Nestine van Rooyen van Oranje is as reserwe ingesluit in die o.19-meisiespan.

Altesaam 16 provinsiale spanne het aan die toernooi in Pretoria deelgeneem. Nathan en Lika het nie een van hul wedstryde gedurende die week verloor nie.

Al vyf spelers het ‘n baie belangrike rol gespeel in hul spanne se prestasies tydens die toernooi. Hulle ontvang almal afrigting by Hendri Steyn van Cepha Tennis-akademie.

Die twee leerlinge van Grey-kollege wat in Suid-Afrikaanse spanne ingesluit is, is Matthew Goodchild (links) en Nathan Herbert.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article