Leerlinge van die Hoërskool Jim Fouché het twee produksies ingeskryf vir die Logan-toneelfees wat op 1 en 2 Augustus in Fraserburg aangebied is.
Albei produksies Bloedval en Wanneer die wind draai het talle pryse ingeoes.
Bloedval is ‘n absurde riller en vertel die verhaal van die dorpie Bloedval vanuit die oogpunt van vier kinders wat in die dorp grootgeword het. Die rolle word vertolk deur Jandré van der Walt, Suné Deacon, Elanelle Strydom en JD Joubert. Hierdie akteurs sleur jou mee op hierdie bloederige avontuur, en jy kan nie help om alles saam met hulle te voel nie.

“Bloedval” onder die leiding van Elizri Malan, ontvang die volgende eerbewyse:
- Regie: Elizri Malan: goud
- Beligtingsontwerp: silwer
- Klankbaanontwerp: silwer
- Kostuumontwerp: silwer
- Stelontwerp: brons
Die akteursprestasies is ook hoog aangeskryf, hul eerbewyse was as volg:
- Jandré van der Walt: silwer
- Suné Deacon: silwer
- Elanelle Strydom: brons
- JD Joubert: brons
- Ensamble: goud
Wanneer die wind draai onder leiding van Stella Nortier is beloon met die volgende eerbewyse:
- Regie: Stella Nortier (brons)
- Dramaturg: Izette Blignaut en Stella Nortier (brons)
- Klankontwerp: Eduan Wolfe en Stella Nortier (brons)
- Beligtingsontwerp: Stella Nortier (silwer)
- Dekor: Stella Nortier (silwer)
- Kostuumontwerp: Danielle Nortier &; Stella Nortier (brons)
- Toneelspel: Kaylee Coetzee (silwer), Dian van Wyk (silwer) en Samespel (silwer).






You must be logged in to post a comment.