Die Hoërskool Jim Fouché se hoofmeisie Roechelle van der Merwe het op 7 Julie ’n goue medalje in die Asiaties-Pasifiese en Afrika-kragoptel-kampioenskapsbyeenkoms in Potchefstroom gewen.

Sy het in haar gewigsklas die goud in die sub-junior-afdeling gewen en haar eie Suid-Afrikaanse rekord met die hurksit verbeter tot 142,5 kg. Haar vorige rekord was 140 kg.

Sy is ook in die Vrystaatse Jaguarspan ingesluit wat aan die o.18-junior netbalkampioenskappe in Pretoria gespeel het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article