Die spelers wat aan die toernooi deelgeneem het, is van links, voor: Frederich Brisley, Mpho Leshoele en Fourie Vermeulen Credit: SYSTEM

Ná die 18de Gerrie Berner-tennistoernooi op 18 Februarie, is dit die eerste keer in die geskiedenis dat Grey-kollege (sekondêr) die beker na Bloemfontein bring.

Altesaam 12 topskole het in die spogtoernooi by Paul Roos Gimnasium gespeel.

Grey het gewen teen die Kearsney-kollege (6 – 1), Hoërskool Outeniqua (6 – 1), Hoërskool Stellenbosch (7 – 0), Afrikaans Hoër Seunskool (7 – 0) en die Hoërskool Waterkloof (6 – 1). Grey het in die halfeindronde teen die Hoërskool Westville (4 – 0) gewen en teen Paul Roos (4 – 2) in die eindronde.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article