Georgie se radio is binnekort op die verhoog.
Die verhoogstuk Georgie se Radio is binnekort op die verhoog.

Georgie is ‘n cool apie wat vreeslik baie van musiek en dans hou – dit is sy ding.

Martin Schwella se verhoogstuk Georgie se radio is terug op die verhoog, en ‘n splinternuwe verwerking van die storie is hiervoor geskryf. CW Laten is die regisseur.

Georgie bop en draai só lekker, en maak só ‘n groot lawaai, dat hy nie besef hy steur die ander diere nie.

Die akteurs van Georgie se Radio.
Die karakters in Georgie se radio is van links, voor: Georgie (Jaco Enslin); agter: Louis die Leeu (Nic Beukes), Dirk Olifant (Stella Nortier), Jannie die Luidier (Lourenzo Dampies) en Gertman Gemsbok (Michelle Oosthuizen). FOTO: Verskaf

Kom lag saam en vind uit wat gebeur wanneer Georgie (gespeel deur Jaco Enslin) te doen kry met Jannie die Luidier (Lorenzo Dampies), Gertman Gemsbok (Michelle Oosthuizen), Dirk Olifant (Stella Nortier) en Louis die Leeu (Nic Beukes).

Twee vertonings word by die Doxa Deo-Suid-kerk in Fichardtpark aangebied: op Saterdag 28 Maart om 09:00 en weer om 11:00.

Kaartjies kos R50 op webtickets.co.za. Daar sal ook pryse wees en Schink Stories-geskenke sal te koop wees.

Gesigverf, koffie en ligte versnaperings sal beskikbaar wees.

■ Een leser kry die kans om vier kaartjies vir ‘n vertoning van Georgie se radio te wen. Besoek BloemNuus se Facebook-blad om in te skryf.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article