Louzanne Coetzee en haar gids, Claus Kempen, het al voorheen aan die Two Oceans-halfmarathon deelgeneem – maar dié keer bestuur hulle die bus. Dit is die eerste keer dat ’n atleet met ’n gesiggestremdheid gevra word om op so ’n groot byeenkoms die pas aan te gee. Sy en Claus, wat verlede jaar op die Paralimpiese Spele in Tokyo ’n bronsmedalje in die marathon (T11) losgehardloop het (foto), gaan Saterdag (16/04) die pas aangee vir almal wat die halfmarathon binne twee uur wil voltooi. Kempen neem ook Sondag (17/04) aan die ultramarathon deel. Foto: Roger Sedres

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article