Die De Oude Kraal-landgoed se WildsKOS-Gourmetfees word op 12 Junie en 3 Julie op dié plaas buite Bloemfontein aangebied. Hier is een van die heerlike resepte van De Oude Kraal se Marie Lombard en haar span:
Eend en tamatie verrassende pasmaats
Share this post:

Eendborsie met tamatiesalsa
Die eendborsie moet aan die vetkant gebraai word om die vet uit te braai.
Draai om en braai tot ligbruin, terwyl die vleis nog medium rou is.
Sny in dun skyfies en bedien met vars tamatie, basiliekruid en tamatiesalsa.
Geur met swartpeper en gerookte Maldon-sout.
Tamatiesalsa
Jy benodig:
) ½ koppie fyngekapte uie, in botter gebraai tot sag en bruin
) 1 koppie fyngekapte vars, ryp tamaties
) ¼ koppie fyngekapte vars basiliekruidblare
) sout en peper na smaak
) 10 ml balsamiese asyn
) ½ koppie fyngekapte songedroogte tamatie
Meng alles saam en bedien.
Geniet die gereg saam met Rickety Bridge se Foundation Stone Red.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.

Share this post:
Related Articles
Leave a comment
You need to be Logged In to leave a comment.

