Die Bloemfonteinse Dans Eistedfdod is onlangs aangebied. Credit: Johan Roux

‘n Eisteddfod vir dansers word jaarliks deur ReEl Produksies en die ATKV-tak Gemeenskapsteater in Bloemfontein aangebied.

Die Bloem Dance Eisteddfod wat van 22 tot 23 Augustus by Grey-kollege aangebied is, het talle top-prestasies opgelewer.

Sedert die projek in 2016 begin is, het dit gegroei tot ‘n geliefde platform waar dansers die kuns van dans verder kan bevorder. Volgens deelnemers is die ervaring ‘n geleentheid om selfvertroue te bou en blootstelling te kry aan professionele terugvoer.

Die Akrobatiese groep It’s You is van links Lana van Deventer,Carla Smit, Sherisma Nagel en Kaylin Maartens. Credit: Johan Roux

Hierdie jaar was die beoordelaar Janelle Claassen, eienaar van Janelle’s Dance Academy in Pretoria. Sy het ook vanjaar se kategorie-wenners in ballet, hip-hop, kontemporêr en akrobate aangekondig.

Met elke jaar wat verbygaan, versterk die Eisteddfod sy plek as ‘n onmisbare instelling in Bloemfontein se kuns- en kultuurlewe. Dit is ‘n viering van die vreugde van dans.

Die wenners van die verskillende afdelings was:

■ beste revue-groep − Roseview Stars van die Laerskool Roseview;

■ beste akrobatiese solo, nege tot 12 jaar − Chaz Wilson;

■ beste liriese solo, 12 tot 15 jaar − Letlotlo Chuma (B. Mapp Dance Studio);

Claire Kruger in die ballet-solo uit Esmarelda.

■ beste moderne dans solo, nege tot 12 jaar − Jennifer Henning (The Dance Connection);

■ beste hip hop solo, o.12 − Zimi Pato (B. Mapp);

■ beste hip hop duet group − Original (Creare);

■ beste lirieke duet − Claire Kruger en Wianka Agenbach (Just Dance);

■ beste musikale teateritem − “See you again” (The Dance Connection);

■ beste ballet-solo, nege tot 12 jaar − Tara Sutherland (Just Dance);

■ beste ballet solo, 12 tot 15 jaar − Letlotlo Chuma (B. Mapp);

■ beste ballet formasie − Ballet group (Just Dance);

Die hip hop-groep Turn Down For What is van links Jeadene Jens, Sherisma Nagel en René Koekemoer, met Ruan Derksen wat oor Sherisma spring. Foto’s: Johan Roux

■ beste klopdans-solo, 15 jaar en ouer − Simone Visser (B. Mapp);

■ beste kontemporêre solodans, nege tot 12 jaar − Marlie Dednam (The Dance Connection);

■ beste kontemporêre solodans, 12 tot 15 jaar − Simone Visser (B. Mapp);

■ beste formasiegroep − Afrofusion (The Dance Connection);

■ beste jazz-solo − Carissa-Rose Kampher (The Dance Connection);

■ beste eie choreografie − Kaylin Maartins (The Dance Connection); en

■ beste kontemporêre klein groep − Against the clock (The Dance Connection).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article