Dansers sit hul beste voetjie op internasionale verhoog voor

Die dansers is van links, voor: Clara Nel, Anneryn Pretorius, Anzé Joubert, Ezay Vermaak, Roselynn van Niekerk, Annabelle Pretorius, Mienke Wentzel, Dané Diedericks, Angelica de Freitas en Anneh Keyser Credit: SYSTEM

Altesaam 21 dansers van Dance Domination Hillsboro van Marilize Griffiths het hul Protea-kleure verwerf en hul slag op ’n internasionale diskodans-kompetisie gewys.

Hulle het van 22 tot 25 Junie deelgeneem aan die internasionale dansorganisasie se disco-wêreldkampioenskapsbyeenkoms, wat in Chomutov in die Tsjeggiese Republiek aangebied is.

Daar het 1 996 dansers van 18 lande deelgeneem, wat die plaaslike dansers baie ondervinding in dié soort kompetisie gegee het. Die dansers het in afdelings soos disco in ’n kleiner groep, disco-duo en disco-solo-dans deelgeneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article