Brul van enjins laat nuuskieriges nader staan by Cars in the Park

Hunter Marais (3) het gebars van opwinding toe hy dié reusagtige vuurwa bo die ander sien uittoring op Maandag se Cars in the Park. Hy het vas geglo dat dit “Captain Amerika” se bakkie is. Foto: Madré Marais


’n Groot skare Bloemfonteiners het die nuwe maand begroet met ’n atmosfeer wat brul met opwinding.

Elke keer dat die toere opgejaag is op die Cars in the Park-uitstalling Maandag (01/05), het groepies nuuskieriges nader gestaan om die uitsonderlike enjins en spogmotors te bewonder. Ook die lede van die Vrystaatse Veteraanmotorklub het hul skatte op die dag uitgestal.

Terwyl die lewensgrootte vuurwaens op die Marti du Plessis-skool se sportveld beïndruk het, het die heel kleinste motortjies harte ook laat vinniger klop waar uitstallings van speelgoed en modelmotors in die sale aangebied is. Die uitstalling is aangebied deur die Bloemfonteinse Modelmotorklub.

Versamelaars kon na hartelus na skatte soek, terwyl kinders gaande was oor die groot verskeidenheid wat te sien was – van poppe tot strokiesprente en draadkarre.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article