Bloemfontein spog met vyf uit die 13 kunswerke wat gekies is vir vanjaar se Santam-kinderkunskalender.
BloemNuus het op 18 September berig oor Migael de Waal (gr.3) en Khayima Mbusi (gr.00) van EduPlus wie se kunswerke vir die kalender gekeur is.
Twee studente van Eezet Fourie se kunsskool, Casper Krüger (gr.1) van Grey-kollege (primêr) en Jan-Adriaan Franke (gr.5) van St Andrew’s School, se kunswerke is ook ingesluit.
Een van Bloemfontein se kunssterre, Siyabonga Gans (gr.10) se besonderse kunswerk is ook in vanjaar se kalender ingesluit.

Dié leerder aan St Andrew’s School is ‘n kunsstudent van Nellie Brisley.
Vanjaar is 2 700 inskrywings ingestuur van jong kunstenaars van oor die land heen wat meegeding het om ‘n plek in die kalender.
Die tema van vanjaar se kompetisie was “My beste oomblik ooit”.
Casper het ‘n prent geteken van waar hy op sy KTM 50CC-motorfiets ry. Hy is ‘n ywerige motorfiets-entoesias en dit is te verstane dat dit vir hom lekker was om ‘n kunswerk te skep waarin hy hom in sy element uitbeeld.
Al die kunswerke word in 2026 se Santam-kalender ingesluit.




You must be logged in to post a comment.