Bloemfonteiner wat as baba byna verdrink berei nou voor vir Spesiale Olimpiese Spele

Elih Lawrence in die swembad in Gqeberha. Photo: Supplied


Met sy doelwit om in 2028 deel te neem aan die Spesiale Olimpiese Spele, kan Elih Lawrence (21) van Bloemfontein trots wees op die handvol medaljes wat hy pas op die nasionale swemkampioenskap in Gqeberha gewen het.

BloemNuus het in Mei 2022 geskryf oor hierdie jong man wat as baba van 20 maande in ’n swembad geval en byna verdrink het.

Weens die voorval is Elih se spraak en geheue aangetas en is hy met angsversteuring gediagnoseer.

Dit is egter terug in ’n swembad waar Elih die afgelope paar jaar uitblink en sy ouers Michele en Kennith se harte laat swel van trots.

Op die kampioenskapbyeenkoms van 7 tot 13 April het Elih goud gewen in die 100 m-borsslag, en silwer in die 100 m-rugslag, 50 m-rugslag en 50 m-borsslag.

Hy het ook brons verwerf in 50 m-vryslag en 100 m-vryslag.

Elih Lawrence met die medaljes wat hy by die nasionale swemkampioenskap verower het.foto’s: verskaf

Hy neem deel in die Klas S14 en is die enigste multi-klas-swemmer in die Vrystaatspan.

Hy het verlede jaar op die Wintergala in Gheberha ’n nuwe rekord opgestel in die 200 m vryslag.

Sy ma, Michele, sê hy werk nou hard aan sy droom om in 2028 te gaan deelneem aan die Spesiale Olimpiese Spele.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article