Resep vir ‘n Boere-ontbytpan uit Oor die Kole van Martelize Brink


Martelize Brink se boek Oor die Kole wat pas vrygestel is, is propvol idees vir ’n heerlike ete oor die kole.

Alles van ontbyt en braaihappies, steaks, lam en beesvleis, pruttende potte, vark, hoender, seekos ander bykosse en heerlike poedings is op die spyskaart in Oor die Kole.

Hier is haar resep vir ’n behoorlike Boere-ontbytpan:

Dit is genoeg vir 4 tot 6 mense.

Jy benodig:

  • 30 ml olyfolie
  • 500 g boerewors
  • 2 uie, in repe gesny
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 1 blik sousbone
  • 6 eiers
  • sout en peper na smaak
  • ‘n hand vol pietersielie, fyngekap.
Maak nou so:
  • Verhit die olyfolie in ’n groot pan oor matige hitte en braai die wors in die pan tot dit kleur kry. Moenie die wors te gaar braai nie, dit gaan nog verder in die sous kook. Sny dit in stukke en hou eenkant.

  • Braai die uie in die worssous tot deurskynend. Voeg die tamaties en sousbone by die uie en roer deur. Voeg sout en peper na smaak by.

  • Prut tot die wors ’n bietjie begin verdik. Plaas die stukke wors in die sous.

  • Krap ses holtes tussen die wors om die eiers in te braai.

  • Breek ’n eier in elke holte en prut tot die eiers gaar is.

  • Geur eiers met sout en peper na smaak.

  • Sprinkel pietersielie oor en bedien saam met platbrood (resep ook in Oor die Kole).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article