Suid-Afrika het op Dinsdagaand 11 Junie in die Toyota-stadion in Bloemfontein ’n uitstekende vertoning in sy wêreldbeker-kwalifiseringswedstryd teen Zimbabwe gelewer om sy hoop tussen die topaanspraakmakers lewend te hou vir ’n plek in 2026 se skouspel.
Bafana Bafana het met 3 – 1 gewen en afrigter Hugo Broos se span het nou, saam met Lesotho en Benin, sewe punte in groep C en is ’n vroeë pasaangeër in die kwalifiseringsreeks.
Dinge het Dinsdag uitstekend vir Bafana Bafana begin toe Iqraam Rayners ná net 30 sekondes die eerste doel aangeteken het.
In die ander groep C-wedstryd het Rwanda vir Lesotho in Durban met 1 – 0 verras.




