Die jaarlikse Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks is om die draai en skole kan nie wag vir die begin van die nuwe sportseisoen nie. Hierdie reeks is veel meer as net ‘n stel wedstryde. Sportgeleenthede soos die Wesgrow-reeks speel ‘n belangrike rol in die holistiese ontwikkeling van jongmense.