Lesers is welkom om nou reeds te begin brei aan serpe vir die Brei vir Bloem-projek wat aangebied word deur BloemNuus en Bloemskou.

Die navrae stroom reeds in oor wat gebrei kan word in Bloemskou en BloemNuus se breiprojek vir 2026.

Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van Bloemskou, sê Brei vir Bloem bied ‘n geleentheid vir mense wat knap brei of hekel om iets bruikbaars vir dié in nood te maak. Ná drie suksesvolle jaar, waarin komberse, musse en slaapsokkies gebrei is, word daar nou gevra vir serpe vir groot en klein.

“Wat ‘n wonderlike projek,” sê Prinsloo, “eerstens omdat dit soveel individue waardig laat voel deur te brei vir ‘n doel; tweedens omdat die breiwerk gaan na waar daar nood is.”

Wol of kontantskenkings vir wol is welkom, aangesien talle breiers gewillig is, maar wol benodig.

Breiwerk kan na Bloemskou se kantoor, of BloemNuus by Pres. Reitz-laan 107, Koupis-gebou, gebring word − teen Maart 2026. Bel Alicia van Heerden by 051 448 9894.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article