Die dansers is van links, voor: Ezay Vermaak, Annabelle Pretorius en Mienke Wentzel Credit: SYSTEM

Leerlinge aan die Laerskool Willem Postma is gekies om in September aan die internasionale dans-organisasie (IDO) se disko-kampioenskapsbyeenkoms deel te neem.

Dié kompetisie, waaraan dansers van oor die wêreld heen deelneem, vind van 15 tot 18 September in Katrineholm, Swede, plaas.

Die leerlinge is gekies op grond van hul prestasie in kompetisies verlede jaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article