Die Vrystaatse netbalspan het Saterdag (21/05) net-net daarin geslaag om die Flames van Noordwes te klop en hul derde oorwinning in die Nasionale Liga te behaal.
Die Crinums speel Vrydag (27/05) teen die Noord-Gautengse Jaguars.
Die Jaguars is tweede op die puntelys, met agt punte, en die Crinums is derde met ses punte.
– Annchen Nel



