Dit is wat teatergangers kan verwag van die Eunice High School se nuutste produksie: A Great Celebration.
Die ligter deel van die pandemie word ook hier belig.
Die pantomime bestaan uit vier sprokies wat ’n vars baadjie aantrek. Anton Esterhuyse is die musikale regisseur.
Kaartjies vir die vertoning van Maandag 10 Oktober (10:00), asook 12 en 13 Oktober (15:00), is by die skool beskikbaar. Skakel 051-444-1765 teen vandag (30/09) op die laatste.




