Die klassieke Waldorf-slaai is meer as 100 jaar gelede vir die eerste keer in New York, in die Waldorf Astoria-hotel bedien en dit bly ’n klassieke slaai. Die resep van Annelien Pienaar, uit haar boek Boerekos met ’n Twist, vervang die druiwekorrels met rosyne en sit karringmelk of jogurt by die mayonnaise. Dit is ’n vars somerslaai en die perfekte pasmaat vir ’n braai.
- 3 groot rooi appels met skil, in blokkies gesny
-
3 groot Granny Smith-appels met skil, in blokkies gesny
-
3 selderystingels, gekap
-
75 g rosyne
-
100 g pekanneute, gerooster en gekap
-
125 ml mayonnaise
-
125 ml karringmelk of gewone dubbelroomjogurt
-
15 ml suiker, heuning of versoeter





