Johan Kleingeld daag sportlui uit om hierdie Desember te kom bepaal wie is die beste van die bestes.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

Liefhebbers van sport kan regmaak vir ’n heerlike en uitdagende Desember met die Beste Sportmankompetisie wat die beste van die bestes gaan aanwys.

Johan Kleingeld en sportskrywer Hendrik Cronjé het vorendag gekom met die idee om uit pluimbalgeledere sportlui oor die Desembervakansie uit te daag om aan verskillende sportsoorte deel te neem om te bepaal wie die beste in alles vaar.

Sportlui gaan in groepe van vier op ’n rondomtalie-grondslag in sewe sportsoorte meeding kompeteer.

Die sportsoorte waarin kragte gemeet gaan word, is tafeltennis, pluimbal, muurbal, tennis, gholf, potspel en veerpyltjies.

Al die uitdunrondes vind van 5 tot 23 Desember by die Fichardtparksportklub plaas.

Die wenners uit elk van die afdelings dring deur na die eindronde, wat van 2 tot 6 Januarie plaasvind.

Enigeen kan hulle inskryf, maar groepe van vier elk is ook welkom.

Die eindrondes word op ’n uitklopgrondslag beslis totdat die wenner aangewys word.

Deelname vind in verskeie afdelings plaas, naamlik vir leerlinge, deelnemers jonger as 30 jaar, senior mans en senior vroue.

Skryf in of rig navrae aan Kleingeld by 072-561-7569 of stuur ’n e-pos na johan@edgeza.com.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article