Bloumaan, vredesmaan, stofmaan, supermaan is SA se unieke terme vir dié volmaan

Die supermaan kort nadat dit die naaste aan die aarde was met saturnus links, onder. Michiel Duvenhage het die foto Woensdag vanaf die Naval Hill-planetarium geneem met ’n Sony A7RIV-kamera en Sony 200 – 600 mm lens. Foto: Michiel Duvenhage

Michiel Duvenhage

Die bloumaan en supermaan wat gisteraand in die naghemel oor Bloemfontein te sien was, staan op die Suid-Afrikaanse maandkalender as die stofmaan bekend.

Dr. Mart-Mari Duvenhage van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se departement fiska, verduidelik die term ‘bloumaan’ het niks met die kleur van die maan te doen nie.

Dit is bloot ’n term wat gebruik word wanneer daar twee volmane in een maand voorkom om na die tweede volmaan te verwys. Die eerste een was op 1 Augustus en die tweede was vanoggend 31 Augustus om 03:37.

Die maan was om 18:00 die naaste aan die aarde waarna verwys word as ’n supermaan. Die maan vertoon dan tussen 14% en 16% groter as gewoonlik. Die maan was om 03:37 100% vol.

Gaste van Vriende van Boyden en die Naval Hill-planetarium kon Woensdag (31/09) deur ’n 10 duim teleskoop na die maan kyk en ook Saturnus sien wat gisteraand naby die maan gesien kon word.

Mariette Erwee het ’n interaktiewe praatjie in die digitale planetarium op Naval Hill aangebied wat aan gaste ’n kykie gebied het in die vorming van die maan en ander interessanthede rondom die maan en Saturnus.

Duvenhage sê in Suid-Afrika is daar unieke name vir die verskillende volmane van die jaar.

“Die eerste volmaan in Augustus is bekend as die vredesmaan na aanleiding van Vrouedag op 9 Augustus.

Die volgende keer waarop ’n supermaan saam met ’n bloumaan gesien sal kan word, is eers weer in 2037.

Die Vriende van Boyden bied elke Saterdagaand ’n vertoning in die Naval Hill-planetarium aan waar oud en jonk meer oor ons sterrestelsel kan leer.

Vriende van Boyden bied ook op Saterdag 16 September ’n aand by die Boyden-sterrewag naby Maselspoort aan.

Besoek die Facebookblad Boyden Observatory and the Naval Hill Planetaerium vir meer inliging oor praatjies en uitstappies.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article