Die span genaamd Lê-balle het Bloemnuusse Rolbaldag ten bate van Engo Vrydag gewen. Altesaam 24 spanne van vier spelers elk het aan die prettige rolbaldag deelgeneem wat by die Bloemfontein-rolbalklub (BBC) aangebied is, en elke span het ’n prys ontvang. Die wenspan is van links Adriaan (Bushy) Janse van Rensburg, Naomi Kemp, Karin Janse van Rensburg en Beverley Williamson, almal van die BBC. Die lede van dié span het elk ’n bederf-pakket van die De Oude Kraal-landgoed se spa ontvang. Foto: Lientjie Mentz
Organiseerders van Bloemnuus se Rolbaldag te bate van Engo is van links Alda Fourie, Gerrie en Anché de Bruin.
Lientjie Mentz
Die Soutveld-span was van links Jessica Meyer, Ellenise Robbertson, Benita Jacobs en Frances Kotzé.
Lientjie Mentz




