Die Universiteit van Kaapstad (UK) is volgens die nuutste ranglys van die World University Rankings vir 2024, saamgestel deur Times Higher Education, 167ste onder 1 904 universiteite.

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) beklee ’n plek tussen 801 en 1 000.

Die Universiteit Stellenbosch (US) en die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) is tussen 301 en 350 op die ranglys.

Kriteria sluit in die gehalte van opleiding, navorsing en kennis wat oorgedra word, asook hoe internasionaal die universiteit is.

Die topuniversiteit is Oxford (Engeland), met die Universiteit van Stanford (Amerika) tweede en die Massachusetts-Instituut vir Tegnologie (ook Amerika) in die derde plek.

Sien die volledige ranglys op Bloemnuusse blad op netwerk24.com. Klik op “Streeknuus” boaan Netwerk24 se webblad en kies Bloemnuus.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article