Karla Victor op die netbalbaan.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

’n Bedrywige jaar lê voor vir die Hoër Meisieskool Oranje se netbalspeler Karla Victor.

Sy was verlede jaar die kaptein van Oranje se o.19A-span en is pas ingesluit in die Suid-Afrikaanse o.21-span wat in Maart in die Afrika-kwalifiseringstoernooi in Pretoria gaan speel.

Sy is ook ingesluit in die voorlopige Suid-Afrikaanse span wat in 2025 aan die o.21-wêreldbekertoernooi gaan deelneem.

Karla was ’n lid van die Suid-Afrikaanse o.18-Fast5-netbalspan wat verlede jaar in Augustus ’n silwermedalje op die Jeug-Statebondspele in Trinidad en Tobago verower het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article