Desmond le Roux met Tobi Travel se bussie, wat weekliks na die Suid-Kaap gaan.Foto: Lientjie Mentz


’n Splinternuwe vervoerdiens is in die vooruitsig vir mense wat na die Suid-Kaap wil reis.

Desmond le Roux stel sy diens Tobi Travel van Maart af beskikbaar. Die bussie sal weekliks op Vrydae vanaf Bloemfontein vertrek en Sondae uit die Suid-Kaap terugkeer. Bestemmings sluit George, Knysna, Port Elizabeth en Jeffreysbaai in.

Die eerste rit is op Vrydag 8 Maart na George, en die bussie keer op Sondag 10 Maart terug, vanaf Jeffreysbaai na Bloemfontein.

Tobie Travel maak gebruik van ’n Hyundai-sewesitplekbussie waarmee mense in gerief kan reis. Die bussie is beskikbaar vir groepe van ses mense vir skooluitstappies en groepe wat na feeste en skoue wil reis.

Mense sal ook van 14 tot 16 Mei daagliks na Nampo, en terug na Bloemfontein, kan gaan.

Rig navrae by tobitravel2024@gmail.com, of bel Le Roux by 072-917-3336 of Carla Joubert by 074-347-2980.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article