Philip Moolman sing tydens een van die Veterane Bystandfonds se gesellighede.


Veterane wat nasionale diensplig gedoen het, word genooi om op Dinsdag 12 Maart van 10:00 af saam te kuier by die Gereformeerde kerk Bloemfontein-Suid in Walter Sisuluweg (voorheen Haldonweg).

Die Veterane-bystandfonds (VBF) bied ’n gratis ete aan, en elke gas kry ’n geskenkpakkie en staan die kans om pryse te wen. Die geskenkpakkie sluit ’n koopbewys van R500 in.

Philip Moolman verskaf die musiek op die geleentheid.

Die geleentheid word aangebied as deel van die VBF se nasionale projek om dienspligveterane te ondersteun wat pensioen van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) ontvang.

Veterane moet ’n identiteitsdokument (ID) of Sassa-kaart saambring.

Veterane kan hulle registreer deur hul naam en “Bloemfontein” per WhatsApp-boodskap na 073-868-0781 te stuur.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article