Met die oorhandiging is van links Pieter Cloete (MMS Holdings), Debbie Conradie (Engo-bemarking), Christa Maree (direkteur van Engo se kinder-en-jeugsorgsentrums), Lene Opperman, Japie Lowings en Candice Gerber (almal van MMS) en Philimon Magano (Engo-bemarking).Foto: Verskaf


Ter viering van Internasionale Vrouedag op 8 Maart het die internasionale firma MMS Holdings besluit om die hele Maart vroue van oraloor te ondersteun.

MMS-spanne van oor Suid-Afrika, Amerika, die Verenigde Koninkryk en Indië heen het aktief deelgeneem aan betekenisvolle projekte.

Die Suid-Afrikaanse spanne het sanitêre doekies ingesamel en die plaaslike kantoor se personeel het dit in Bloemfontein aan die bemarkingspan van Engo oorhandig sodat hulle dit aan meisies van Engo se kinder-en-jeugsorgsentrums oor die Vrystaat heen kan uitdeel.

Hulle het Engo bedank vir die verskil wat die instansie in die lewe van vroue en jong meisies in die Vrystaat meebring.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article