Met die oorhandiging is van links Reinhard Scherrer (C&F, borg), Lucky Olifant (DBV, begunstigde), Jacques Pretorius (Bloemfonteinse Modelmotorklub), Louise Weitz (Vrystaatse Veteraanmotorklub), Dawie Jacobs (Martie du Plessis), René Greenland (Vrystaatse Veteraanmotorklub), Francois van Heerden (hoof, Martie du Plessis-skool), Thea du Toit (Guardian and Angel) en Christelle Myburgh (William en Casper-meubelvervoer, borg).Foto: Lientjie Mentz


Danksy besoekers wat op 1 Mei die Cars in the Park-geleentheid by die Martie du Plessis-skool ondersteun het, kon talle begunstigdes op Vrydag 14 Junie met kontant ondersteun word.

René Greenland van die Vrystaatse Veteraanmotorklub sê vanjaar se Cars in the Park was ’n heerlike geleentheid, met 320 motors, trekkers en motorfietse wat uitgestal is.

Met die 100ste bestaansjaar van Ford SA wat hier gevier is, was 60 Ford-motors – van oud, tot nuwer modelle – deel van die uitstalling.

Die Bloemfonteinse Modelmotorklub het ook uitstallings gehou en stalletjies beman.

Dié klub het Vrydag ’n skenking aan die skool gedoen.

Die Vrystaatse Veteraan­motorklub – saam met C&F Motor Spares, Dup’s Towing Service, Duratec Batteries, William en Casper-meubelvervoer en Engine World – het skenkings gedoen aan Guardi Child, die Beudene-dagsorgsentrum, Guardian and Angel, Huistoe, die Bloemfonteinse DBV, asook die Martie du Plessis-skool.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article