Zaan Sonnekus
Zaan Sonnekus is Saterdag 14 Maart op die verhoog by Be Human.

‘n Absolute fees van energieke musiek wag op Be Human se BeVonk!-musiekfees, wanneer van die land se bekendste musikante Saterdag 14 Maart die verhoog gaan oorneem.

Spoegwolf, Francois van Coke, Zaan Sonnekus en Sunset Sweatshop is almal op een dag te sien – musiek wat aan konsertgangers ure lank groot plesier gaan verskaf.

Sunset Sweatshop is op 14 Maart by Be Human vir die BeVonk!-musiekfees. FOTO’S: Verskaf

Die hekke open om 13:00, en die vermaak begin van 14:00 af met plaaslike kunstenaars.

Daar is meestal plek om te staan, met beperkte sitplek by die stalletjies-ruimte.

BBP-kaartjies, wat teen R750 te koop is, gee toegang tot ‘n toegewyde kroeg, private toilette, bespreekte sitplekke en komplimentêre eetgoed.

Kaartjies kos R350, en toegang vir kinders 10 jaar en jonger kos R150.

Spoegwolf sal optree op Be Human se BeVonk!-musiekfees.

Wat lekker is van dié musiekfees, is dat busse van Northridge Mall af gaan ry waarmee konsertgangers veilig kan reis.

Die busse sal om 13:00, en weer om 15:00, vertrek – en teen 22:30 na Northridge terugkeer.

Buskaartjies, wat ook op computicket.com gekoop kan word, kos R180.

Die BeVonk!-musiekfees beloof ‘n lewendige atmosfeer, heerlike gees en onvergeetlike musiek vir Bloemfonteiners en ook almal wat ver ry om die fees op Middelwater by te woon.

Besoek computicket.com of bel Herman Redelinghuys by 064 937 6947 om ‘n losie te bespreek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article