Wees deel van ‘n musiekfees vol vonk en ritme by Be Human vroeg in die nuwe jaar.
Be Human op Middelwater bied op Saterdag 14 Maart die BeVonk!-musiekfees aan met kunstenaars soos Spoegwolf, Francois van Coke, Zaan Sonnekus en Sunset Sweatshop.
Vir ‘n spesiale aanbod van R300 tot en met 31 Desember, kan gaste al hierdie kunstenaars en meer op die fees sien en beleef.
Hekke open om 13:00, en die vermaak begin van 14:00 af, met plaaslike kunstenaars.
Daar is meestal plek om te staan, met beperkte sitplek by die stalletjies-area.
BBP-kaartjies sluit in ‘n toegewyde kroeg, private toilette, bespreekte sitplekke en komplimentêre eetgoed.
Wat lekker is van dié musiekfees, is die busse wat van Northridge Mall af gaan ry, waarmee konsertgangers veilig kan reis. Die busse sal om 13:00 en weer om 15:00 vertrek en teen 22:30 terugkeer na Northridge.
BeVonk! beloof ‘n lewendige atmosfeer, heerlike gees en onvergeetlike musiek vir Bloemfonteiners en almal wat ver ry om die geleentheid op Middelwater by te woon.
Besoek computicket.co.za of bel Herman Redelinghuys by 064 937 6947 om ‘n losie te bespreek.




