‘n Leerder aan die Hoër Meisieskool Oranje het op die Vrystaat-swemkampioenskap op 6 Desember ‘n allemintige 17 goue medaljes huis toe gevat. Plus een silwermedalje.

Onder Leandi Prinsloo (14) se puik prestasies, was ‘n rekord wat sy in die 50m-vlinderslag opgestel het. Twee van haar goue medaljes was vir haar deelname in aflosnommers. Sy het in elke individuele item in haar ouderdomsgroep ingeskryf en is slegs in die 800m-vryslag geklop.

Ander swemmers van Oranje wat uitgeblink het is Emma Pretorius (15), wat vier goue en drie silwermedaljes in individuele nommers behaal het. Meandri de Vos (15) het in vier nommers gewen en een tweede plek behaal.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article