Die Vrystaatse premier gaan voort om vir meer fondse te vra
Die Vrystaatse premier gaan voort om vir meer fondse te vra

BLOEMFONTEIN – Die Vrystaatse premier gaan voort om vir meer fondse te vra en die ANC hou aan om dit vir haar te gee.

Die Vrystaatse wetgewer het vandag (Donderdag, 11 Desember) die aanvullende begroting goedgekeur en ‘n bykomende R7 miljoen vir Mqueen Matae se kantoor goedgekeur.

Die VF Plus het daarteen gestem. Die premier se departement is nie ‘n diensleweringsdepartement nie en enige bykomende fondse tot die aanvanklike begroting van meer as R630 miljoen is ‘n skande.

As premier moet sy eerder toesien dat die provinsie se departemente nie geld verbeur nie (R32 miljoen in die huidige boekjaar), maar in stede daarvan vra sy vir meer geld om aan nuttelose projekte te bestee.

R11 miljoen aan sogenaamde gemeenskap-ontwikkelingswerkers

Sinnelose uitgawes

Die sinnelose uitgawes sluit onder meer in:

  • R11 miljoen aan sogenaamde gemeenskap-ontwikkelingswerkers
  • R1,5 miljoen aan ‘n G20-geleentheid
  • R3 miljoen om geslagsgebaseerde geweld as ramp te verklaar
  • R2 miljoen aan ‘n sogenaamde SMS-indaba

Onreëlmatighede moet ondersoek word

Intussen moet meer as R482 miljoen en R31 miljoen aan onderskeidelik onreëlmatige, vrugtelose en verkwiste uitgawes in haar departement ondersoek word.

‘n Bykomende R62 miljoen wat vir munisipale skuld deur die provinsiale regering begroot word, is ook nie genoeg nie.

Kritiese dienste ly

Dienslewerings- en infrastruktuur-departemente sukkel óf om geld vir kritiese dienste te bekom, óf hulle misluk om projekte soos hospitale en paaie te bou of te herstel.

Solank as wat die ANC in beheer van die provinsie se beursie bly, sal geld steeds aan verkeerde prioriteite vermors word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article