Catherine en André Cronje met baardolies van Ginger Fellas op ‘n vorige Franse Mark. FOTO: Lientjie Mentz

‘n Fees van Kersgeskenke, kos en produkte vir die klerekas en huis is dié Saterdag, 22 November, op die Franse Kersmark.

Villa Avianto in Quaggafontein bied aan markgangers Franse flair, met die aardsheid van die Vrystaat. Altesaam 110 uitstallers bied kreatiewe gehalteprodukte.

Die Franse Kersmark is die perfekte bestemming vir Kersgeskenke, maar ook meer as dit: ‘n bederfmark waar mense artikels kan koop wat hulle al lank begeer. Dit sluit juwele en handvervaardigde seep in, asook kosprodukte waarmee ‘n mens gaste kan verras en peuselborde ‘n unieke aanslag gee.

Kom kuier by Bloemfontein se eie Franse Kersmark op Saterdag 22 November. FOTO: Lientjie Mentz

Markgangers kan hul dag só beplan dat hulle daar ‘n ete geniet − van pizza en braaihoender tot gebak. Arco Musica maak musiek, en kinders het ‘n groot speelplek op die mark.

Dié is die laaste Franse Mark vir die jaar en duur van 09:00 tot 15:00. Toegang kos R35.

Rig navrae by 083 329 4872.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article