‘n Splinternuwe Renault Kwid Climber ter waarder van R222000 is op die spel. Foto: Lientjie Mentz

Daar is nog net tyd tot Dinsdag 30 September om ‘n skenking van R50 te doen om ‘n kans te staan om ‘n splinternuwe Renault Kwid Climber ter waarde van R222 000 te wen.

Die Kwid is die groot prys in Engo se Projek van Hoop waarmee geld ingesamel word vir Engo se verskillende afdelings.

Vanjaar is Renault Bloemfontein, Novus Media Gemeenskapsnuus (waarvan die Vrystaatse gemeenskapskoerante BloemNuus, BloemExpress, VrystaatKroon en Vista almal publikasies is), asook Evolve Audit and Advisory, die borge van die projek.

dummy text

Vir slegs R50 kan enigeen ‘n kaartjie koop en ‘n kans staan om die Renault Kwid te wen.

Elkeen wat Engo se Projek van Hoop ondersteun, help dié organisasie om te sorg vir kinders, bejaardes, gesinne, mense met gestremdhede en pasiënte in nood oor die Vrystaat heen.

“Elke R50-kaartjie wat verkoop word, gee jou nie net ‘n kans om in ‘n Renault Kwid Climber weg te ry nie, maar help ons ook om ons hande uit te steek na dié wat dit die nodigste het,” sê De Wet Claassens, hoof- uitvoerende direkteur van Engo.

Kaartjies is op engo.co.za beskikbaar. Besoek die tuisblad en klik op die skakel na die aanlyn winkel om ‘n R50-kaartjie te koop.

Kaartjies is ook beskikbaar by Engo se kantore oral oor die Vrystaat heen.

Vyf finaliste sal uit almal wat kaartjies gekoop het, getrek word en ‘n geleentheid op 31 Oktober bywoon waar die wenner van die Renault Kwid aangewys sal word.

Kry jou kaartjies vandag nog en maak seker dat jou naam in die trekking is vir die groot prys.

Rig navare deur 060 548 5543 te skakel of stuur ‘n e-pos na info@engo.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article