Karatekas van die White Tigers-klub het uitgeblink in Skotland. Van links is Teagan-Faith Schoeman, meesterinstrukteur Liza Hugo en Adriaan de Roubaix. Foto: Verskaf

Die White Tigers- Koreaanse gevegskunsklub in Bloemfontein het twee wêreldkampioene opgelewer tydens die Tang Soo Do-familie se wêreldkampioenskapsbyeenkoms wat in Invernes, Skotland, aangebied is.

Teagan-Faith Schoeman en Adrian de Roubaix was deel van Combat Tang Soo Do (CTSD) se Suid-Afrikaanse Presidentontwikkelingspan wat Suid-Afrika by die byeenkoms gaan verteenwoordig het.

Teagan het goud verower in haar gevegte en brons gekry vir haar vorm-afdeling.

Adrian het goud verwerf vir sy gewone vorm en boonop ook vir wapen-vorm.

Hul afrigter-meesterinstrukteur, Liza Hugo, sê daar was deelnemers van Amerika, Engeland, Skotland, Duitsland, Wallis, Nederland, Griekeland en Maleisië. Die kompetisie was sterk. Die volgende wêreldkampioenskapsbyeenkoms sal volgens beplanning in 2027 in Maleisië aangebied word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article