Vanjaar het meer as 3 400 kinders hul kuns ingeskryf vir Santam se Kinderkunskompetisie, waarin 13 kunswerke gekies word vir ‘n nasionale kalender.
Ook leerlinge van die Eduplus- Onafhanklike Skool in Langenhovenpark het flink deelgeneem, en 26 leerlinge se kunswerke gaan in die kompetisie-uitstalling vertoon word.

Twee leerlinge, Migael de Waal (gr. 3) en Khayima Mbusi (gr. 00) se kunswerke is vir die kalender gekeur.

Die 26 se kunswerke gaan deel van ‘n aanlyn uitstalling wees waarin uitgesoekte kunswerke vertoon word.
Carli Niehaus is die kunsonderwyser by Eduplus.





You must be logged in to post a comment.