Protea en Kovsie-doelskieter Rolene Streutker groet Kovsies. Foto: Verskaf

Die Protea- en Kovsie-doelskieter Rolene Streutker het op Maandag 8 September Kovsie-netbal ná sewe jaar gegroet.

Sy het haar tyd hier op ‘n hoë noot afgesluit met die wedstryd tussen Kovsies en die Arende van die Noordwes-Universiteit (NWU), wat Kovsies met 59 − 83 gewen het.

Sy is boonop as die speler van die wedstryd aangewys.

Dit was die span se vierde oorwinning in die Varsitybeker-reeks.

Rolene Streutker van Kovsies Maandag in aksie teen die span van die Noordwes-Universiteit (NWU). Foto: Catherine Kotze/Asem Engage

Streutker was onder meer lid van die Kovsiespan in twee seisoene dat Varsitybeker-titels onder leiding van legendariese netbalafrigter Burta de Kock verwerf is.

Kovsies is nou tweede op die punteleer, ná ronde vier.

Die span speel op Sondag 14 September teen die Madibaz in die Wits-sportsaal.

Streutker sluit haar nou by die Proteaspan aan, wat eersdaags vir ‘n toetsreeks na Australië en Nieu-Seeland vertrek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article