Die toneelspelers in die Hoër Meisieskool Oranje se toneelstuk Vyf
Die toneelspelers in Vyf is van links, voor: Miana Fourie (gr.11), Kayla Hogewind (gr.12) en Miné Truter (gr.9); agter: Danaé du Plessis (gr.9) en Caitlin Erasmus (gr.12). Foto: Verskaf

Die toneelstuk Vyf van die Hoër Meisieskool Oranje is aangewys as die beste produksie op die ATKV Tienertoneel-streekfees.

Dit is die vierde jaar agtereenvolgens dat Oranje se toneelgroep die beste produksie op dié fees lewer.

Die eindronde van die ATKV Tienertoneelfees in die Bloemfontein-streek is op Saterdag 16 Augustus in die Wynand Mouton-teater gehou.

Vyf is as die beste produksie aangewys, met pryse ook uitgedeel vir die beste regisseur (uit 31 deelnemers), beste ensemble, beste regisseur (Lynmari Brink en Chanmari Erasmus) en beste aktrisie (Caitlin Erasmus).

Die toneelspelers is van links Kayla Hogewind (gr. 12) Miné Truter (gr. 9) Miana Fourie (gr. 11) Danaé du Plessis (gr. 9); agter: Caitlin Erasmus (gr. 12) Abigail Dicks (gr. 10) Mila Barratt (gr. 8) en Kaylin Maartens (gr. 11). FOTO: Verskaf

Die produksie het ook die volgende eerbewyse gekry:

  • cum laude (die hoogste eerbewys) vir ensemble-spel: Miné Truter, Kayla Hogewind, Danaé du Plessis, Miana Fourie en Caitlin Erasmus;
  • cum laude vir spel: Caitlin Erasmus;
  • goud vir produksie: Vyf;
  • goud vir spel: Miana Fourie, Danaé du Plessis, Miné Truter en Kayla Hogewind;
  • goud vir teks: Chanmari Erasmus;
  • goud vir regie: Chanmari Erasmus en Lynmari Brink;
  • goud vir verhoogbestuurder: Mila Barrat;
  • goud vir klankoperateur: Abigail Dicks (benoeming as beste); en
  • goud vir beligtingsoperateur: Kaylin Maartens.

.

Die meisies het ook deelgeneem aan die FAK Allegreto-toneelfees wat van 31 Julie tot 4 Augustus op die Gampu-week in Springs aangebied is.

Hier het die toneelstuk pryse gewen vir die beste vroulike byrol in ‘n komedie (Miné), beste vroulike hoofrol in ‘n komedie (Caitlin) en beste komedie. Die stuk was algeheel derde. Hulle wag nog om te hoor of hulle in die eindronde in September gaan optree.

Kort voor die ATKV-kompetisie het die groep gaan deelneem aan die Montagu-jeugtoneelfees van 7 tot 11 Augustus. Uit 22 produksies het Vyf pryse ontvang vir beste teks, beste regisseur, beste ensemble, beste ondertseunende aktrise (Caitlin) en beste produksie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article