BloemNuus se rolbaldag ten bate van Engo het op Vrydag 15 Augustus in ‘n heerlik ontspanne luim plaasgevind.
Personeel van ondernemings, klubs en skole het teen mekaar meegeding.
Elke deelnemer het ‘n kaartjie in Engo se Projek van Hoop as deel van hul inskrywing ontvang.

Kaartjies is nog tot einde September op engo.co.za beskikbaar, deur ‘n skenking van R50 te doen. Besoek die tuisblad en klik op die skakel na die aanlyn winkel.
Die skenking van R50, of meer, kan ook gedoen word waar Engo se programme oral oor die Vrystaat heen bedryf word, asook waar die Renault Kwid Climber by ‘n Engo-stalletjie in winkelsentrums, op feeste en op markte vertoon word. Dié motor is die groot prys wat gewen kan word.
Die sluitingsdatum is 30 September, en die wenner word op 31 Oktober deur ‘n trekking bepaal en aangekondig.
Vir besonderhede oor die Projek van Hoop, of om betrokke te raak, stuur e-pos na info@engo.co.za of skakel 060 548 5543.












You must be logged in to post a comment.