Die tydelike noodgevalle-afdeling by die Nasionaal-distrikshospitaal is nou gehuisves in dieselfde gebou as die Gateway-kliniek op die hospitaal se terrein. Die ingang tot die gebou is uit Rothlaan. Foto: Verskaf

Die Vrystaatse departement van gesondheid het ‘n tydelike plan gemaak om ‘n noodgevalle-afdeling by die Nasionaal-distrikshospitaal in Bloemfontein te open.

Dit kom ná die brand op 7 Julie verlede jaar wat groot ontwrigting by dié hospitaal veroorsaak.

Terwyl opknappings ná die brand voortduur, was die noodgevalle-afdeling tydelik by die Pelonomi- Akademiese Hospitaal gehuisves, maar dié afdeling is sedert Maandag 4 Augustus terug by Nasionaal.

Die noodgevalle-afdeling is nou tydelik in die gebou waar die Gateway-kliniek op die terrein van Nasionaal is. Toegang is vanaf Rothstraat langs die hoofhek. Die Pediatriese kliniek is ook tydelik binne Gateway.

Die dienste wat nou by Nasionaal beskikbaar is, is ‘n apteek, fisioterapie, arbeidsterapie,

radiologie, beëindiging van ‘n swangerskap, hoë-risiko swangerskapkliniek, pediatriese kliniek, buite-pasiënte, die Tshepong Thutuzela-sentrum, dieetkundiges, maatskaplike dienste, psigiatrie, kraamsaal nou in saal agt, die tandartskliniek en die manssaal in saal sewe.

Ander dienste is onkologie, oftalmologie in die oogkliniek in saal 26 en optometrie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article