125-jarige herdenking van Anglo-Boereoorlog wys hoe dit in die oorlog was

Gamilla Wymers, Dané Swanepoel en Brenda Buys met van die komberse wat aan kinders in jeugsorgsentrums uitgedeel gaan word.Foto: Lientjie Mentz


Gaste wat die 125-jarige herdenking van die Anglo-Boereoorlog op 12 Oktober by die Oorlogsmuseum bygewoon het, kon ’n blik kry op die leefwyse van mense wat in dié oorlog betrokke was.

Gamilla Wymers, Dané Swanepoel en Brenda Buys met

Gamilla Wymers, Dané Swanepoel en Brenda Buys met van die komberse wat aan kinders in jeugsorgsentrums uitgedeel gaan word.Foto: Lientjie Mentz

Meer as 1000 besoekers het die dag bygewoon en van hulle het aan die spesiale “Night at the Museum” deelgeneem, waar personeel en hul kinders toneeltjies uit die oorlogstyd nageboots het.

Volgens Dané Swanepoel, wat die museum se bemarking doen, is dit belangrik om te demonstreer dat geskiedenis en museums lewend kan wees. “Museums is nie stowwerige, donker plekke nie, ons wil ‘n liefde vir museums onder die jonger generasie kweek, sodat hulle hierdie passie aan hul kinders kan oordra,” het sy gesê.

Gaste het van so ver as Pretoria gekom, geklee in kleredrag uit die tydperk van die oorlog, en het deelgeneem aan toneelstukke en demonstrasies van die wapens wat tydens die oorlog gebruik is. Die Grey-kollege se gumboot-dansers en Eunice High School se koor het ook ‘n bydrae gelewer tot die fees se aantrekkingskrag. Die Grey-kollege se gumboot-dansers en Eunice High School se koor het ook ‘n bydrae gelewer tot die fees se aantrekkingskrag.

’n Spesiale uitstalling van pragtige komberse, gemaak as deel van die projek 67 Blankets for Mandela, het ook plaasgevind. Die Squares of Love-projek, saam met Eunice se Green Hearts en Vrystaat-Versorging in Aksie, het 154 komberse aan Engo se Ons Kinderhuis geskenk. Karen Beukes, bestuurder van die kinderhuis, het benadruk hoe belangrik dit is dat skoolverlaters ‘n kombers as deel van hul afskeidspakkie ontvang, aangesien dit vir hulle iets van hul eie is.

Sam Scott in drag van ’n Britse soldaat en Teresa Datmond in ’n Voortrekkerrok. Hulle is van Pretoria.Foto: Lientjie Mentz

Die komberse is gemaak van gebreide en gehekelde blokkies van regoor Suid-Afrika. Die Iessie Steenberg-breigroep en lede van die Vrystaatse 67 Blankets for Mandela onder leiding van Lindiwe Mnguni en Gamilla Wymers (Mama G) het saamgewerk om die komberse te vorm. Eunice High School se Green Heart projek het ook deelgeneem deur hul eie komberse te maak en te skenk. Verskeie plaaslike maatskappye het wol geskenk om die projek te ondersteun.

Dané het haar dank uitgespreek aan almal wat bygedra het tot hierdie wonderlike projek wat 154 kinderharte met liefdevolle komberse gevul het. Die geleentheid is afgesluit met ‘n musiekvertoning deur Andriëtte Norman.

Twin Mosia in tradisionele klere van ’n agterryer tydens die Anglo-Boereoorlog.Foto: Lientjie Mentz

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article