Die Toba Foundation se She-Ready Tienerklub het Saterdag 29 November bewys dat hulle werklik “gereed” is, nadat hulle die inwoners van die Sencit Resthaven-tehuis met ‘n spesiale middagete bederf het. Jong hande het na ou harte omgesien terwyl die meisies ‘n ware Sondag-fees op die tafel gesit het. Van voorgereg tot nagereg het die bejaardes die volledige bederfprogram gekry, met glimlaggies as gratis bykos. Die uitreik is deel van die stigting se program om jongmense te leer dat omgee die beste geur is.

Gereed om te gee: Jonges bederf Sencit-inwoners

SenCIT se bejaardes glimlag van oor tot oor – en dis voor die nagereg!

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Bloem Express E-edition 4 March 2026
    Bloem Express E-edition 4 March

Gift this article