o.12A-Eerste Netbalspan is gekroon as Vrystaatkampioene
Van links staan Karli van Zyl, Linzi Botha, Mia Rautenbach, Izé Claassen, Meiha Barends, Lizé Viljoen en Karabo Mabizela. Afwesig: Khalalelo Enwere – Foto voorsien

‘n Hoogtepunt het Truida Kestell se sport te beurt geval. Hul o.12A-eerste netbalspan is gekroon as Vrystaatkampioene.

Die o.12A-eerste netbalspan het onlangs in Welkom aan die Vrystaatkampioenskappe deelgeneem. Hierdie oorwinning om as o.12A-eerste netbalspan as Vrystaatkampioene gekroon te word is ‘n prestasie wat bewys van hul talent. Elke speler en afrigter het alles ingesit van harde werk, toewyding tot ‘n spanpoging.

Truida Kestell se o.12A spelers was:

  • Karli v Zyl
  • Linzi Botha
  • Mia Rautenbach
  • Izé Claassen
  • Meiha Barends
  • Lizé Viljoen
  • Karabo Mabizela   
  • Khalalelo Enwere

Die span het met vasberadenheid en ware sportgees die toernooi aangedurf en elke wedstryd met moed en energie gespeel. Hulle het nie net hul skool se naam hoog gehou nie, maar ook gewys wat moontlik is wanneer dissipline en samewerking hand aan hand gaan.

Truida Kestell is ongelooflik trots op hulle. “Julle het gewys dat deursettingsvermoë tot groot oorwinnings lei. Mag hierdie prestasie die begin wees van nog vele suksesse op die netbalbaan!”

Truida Kestell staan vandag trots agter hul kampioene.

https://truidakestell.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article